Bedelary

'n Bedelaar in Teheran in die 1880's, deur die fotograaf Antoin Sevruguin

Bedelary is die gebruik om ander te smeek vir 'n guns, gewoonlik om geld te skenk, met min of geen verwagting om iets terug te ontvang nie. Bedelaars kan gevind word in openbare plekke soos vervoerroetes en stedelike parke en naby besige markte. Benewens geld kan hulle ook vra vir kos, iets om te drink, sigarette en ander klein artikels.

Volgens 'n studie in die joernaal van die Kanadese Mediese Vereniging "sê 70% van bedelaars dat hulle werk met 'n minimumloon sou verkies, en noem gewoonlik dat hulle 'n "vaste inkomste" wil hê of "van die straat af wil kom". Baie voel egter dat hulle nie konvensionele werke sal kan hanteer nie weens geestesiekte, fisiese gestremdheid of 'n tekort aan vaardighede."[1]

  1. "Income and spending patterns among panhandlers". CMAJ. 167 (5): 477–9. September 2002. PMC 121964. PMID 12240813.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search